My Kinders

Soms kyk mens na hulle en wonder “Wat gaan tog van julle word?” ‘n Groot geraas, nie veel meer “Wat kan mens met julle maak?” Dan besef mens keer op keer Hulle het hoop, drome en Liefde om te gee Hierdie pragtige kinders wat ek leer -R.Erwee

Die Bokkies

Twee bokkies spring oor die gras Twee bokkies speel saam onder die boom Twee bokkies eet saam in die vlakte Twee bokkies geniet die watergat Daar is ‘n knal Een bokkie spring oor die gras Een bokkie huil onder die boom Een bokkie eet in die vlakte Een bokkie versuip in die wategat. -R.Erwee

Verwronge Liefde

Daar is niks in hierdie wêreld wat so verwronge is Dit is ‘n spel van gee en neem En geen een kry die trofee Ek kul jou hier Jy kul my daar Leuns wat vat en niks gee Die liefde is ‘n eensaam spel Waaruit daar nooit ‘n wenner treë -R. Erwee

Ek min jou

Ek het jou lief Elke dag Net soos vandag Met geen verklaring Geen menslike begrip Min ek jou elke dag -R.Erwee

Gordonsbaai

Die blou lug is helder  Geen wolke in sy raam  Daar is nie eers ‘n ligte wind Wat die bome versteur Die see dreun verlangs Maar verder is daar stilte Aan die begin van hierdie mooiste dag R. Erwee

Selfsug

Ek is nie perfek Op geen manier Glad nie Ek is stukkend en gebroke Eensaam Alleen Ek is bang en verskrik Selfsugtig Geldgierig Hoe kan Jy my liefhê Ek wat die wêreld haat -R.Erwee

Verdwaal

Wanneer als te veel word En niks meer sin maak Voel ek verdwaal Ek is verdwaal Binne myself Met myself Ek ken nie meer die eie ek Wie is die skadu wat na my terugstaar Hoekom kan ek nie soos jy beter wees Ek wil niks meer doen of sê of weet nie Ek wil … Continue reading »

Vandag

Vandag staan jy op Jy glo en bid Vandag gaan dinge anders wees Jy gaan mooi wees Jy gaan krag hê Jy gaan die wêreld Met al sy stront aanpak Jy gaan lag en vreugde voel Jy gaan met wysheid als verstaan Jy gaan liefhê en liefde maak Jy gaan als kan voel Vanaand gaan … Continue reading »

Die Meisie wat verstaan

Sy sit en staar na niks Of so lyk dit Haar oë beweeg Haar kop bly stil Sy kyk oor en oor Van een hoek na die ander Sy wag maar niks kom En niks verander Sy sit en staar na niks -R.Erwee

Tweegesprek

Daar is ‘n stilte tussen ons wat: Self praat Hard praat Die woorde uitskree Ek haat jou! “Ek het jou nodig” Jy irriteer my! “Ek kan nie sonder jou nie” Jy is nie goed genoeg nie! “Ek bly by jou” Jy wil nie weggaan nie! “Ek is lief vir jou Die tweegeprek Die leemte waarin … Continue reading »